Wenke vir opkomende eksotiese boere – Renet Jacobs

My Wenke Vir Opkomende Eksotiese Wild Boere:

Al hoe meer sien ek nuwe Boere wat graag eksoties wild wil begin teel en nie weet waar om te begin nie.

Dit is duur om Eksoties te begin teel en ‘n mens wil nie onnodige foute maak nie, nie as jy dit kon voorkom het nie. Ons het ondervinding met teel en met die Vangste en Eksotiese Wild verkuiwings vir die afgelope 16 jaar en daarom dink ek dat ons ‘n baie goeie oorsig het, met wat werk en nie werk nie.

My voorstel om net ‘n paar punte te noem is soos volg:

  • Besluit eers waarmee jy wil begin teel.
  • Win soveel moontlik kennis in omtrent die spesie wat jy mee wil begin teel, dit is vir jou eie beswil. Jy het nie nodig om duur boeke te gaan koop nie, Google dit.

Praat met boere wat al lank teel en weet waarvan hul praat, gaan kyk hoe hulle dit doen, onthou jou voorgangers het al die skoolgeld betaal, leer uit hul Foute!

  • Kry ‘n kundige om ‘n  inpak studie vir jou te doen en seker te maak dat jou weiding voldoende gaan wees vir die spesie wat jy in gedagte het. Kontak my indien jy die Konseltant wat ons van gebruik se nommer soek.
  • Maak seker dat jou Heining en kampe in orde is (maak voorsienning om so vêr moontlik roofdiere en vlakvarke uit te hou veral as jy klein en kruipende wild wil teel) Natuurbewaring het sekere vereistes, vind uit wat die vereistes in jou provinsie is. As dit ‘n bestaande heining is moet jy dit vroegtydig nagaan en nie die gate en herstelwerk  wil doen wanneer jy bokke in jou kamp afgelaai word nie, of afgelaai is nie.  Maak seker dat jy ‘n hoop grond of “ramp” in jou kamp het waar jou bokke gaan afklim, veral as ‘n hoë trok hul gaan aflaai, jy wil nie been breke in die gesig staar nie, nie as jy dit kon vermy het nie. Kies jou aflaai plek baie mooi, nie te naby aan die heining nie en ook nie te vêr van jou ingang af nie. Die middel van jou kamp is nie nodig nie. Jy hoef ook nie by die water suip plek af te laai nie. Sommige bokke veral Gemsbok sal heel waarskynlik die eerste dag of twee al teen die draad af padtroleer, dit is raadsaam om vooraf tydelike water bakke by die hoeke van jou kamp uit te sit en ook eksta Lusern of voer indien dit nodig is.
  • As jy klein kampe wil hê, gaan jy heel moontlik ‘n bestuurs plan moet indien voor Naatuurbewaring vir jou ‘n Vrystellings permit sal uitryk ( dit mag verskil van Provinsie tot Provinsie)

 

 

Onthou jou bokke gaan aanteel en meer word, dis goed en wel om in kleiner kampe te teel, maar jy moet onthou om voorsiening te maak vir die uitvang van jou aanwas vir in die toekoms, jou bokke gaan meer word.

 

Dit is makliker om  bokke in ‘n klein kamp af te laai, as wat dit gaan wees om hulle selektief uit te haal, of te doseer,  ‘n bok mag dalk siek word of seer kry. Min nuwe boere dink daaraan, jy moet in jou kamp kan werk indien dit nodig gaan wees.

 

  • Kry jou Vrystelling of Omheining Sertifikaat vroegtydig in plek (Dit is tyd rowend ) sonder dit gaan jy nie vervoerpermitte kry nie, of as jy versekering op jou Eksotiese bok wil uitneem, is dit een van die dokumente wat hulle gaan vra.
  • Maak seker dat die diere wat jy wil aankoop in jou omgewing sal aanpas.
  • Kry jou bokke, (dit is die moeilikste deel volgens my) jy moet reg koop!
  • Reël jou vervoer permitte, Sterkte daarmee jy gaan baie geduld nodig hê veral as jy dit self wil doen! As jy van ‘n Gelisensieërde Wildvanger gebruik maak, behoort jy jou vervoer permit spoediger met minder moeite te kry, gewoonlik doen die wildvanger dit vir jou.
  • Reël dan jou Versekering op jou Ram of Bul. (Voor jou bok gelaai word moet jy onthou om die nodige foto’s van jou bok te neem) E-pos jou vervoerpermit vooraf na jou versekerings maatskappy toe. Voor die bok die plaas verlaat E-pos jy dan weer die Foto van die kantaansien met Tag no. mooi sigbaar. Stuur daarmee saam die Chip en Tag nommer na jou Versekerings maatskappy toe, sommer van jou foon af as dit moontlik is, of soos vooraf gereël met jou versekerings makelaar. Gewoonlik tree die versekering in werking hul al die nodige dokumente wat hul vereis ontvang het. Kry ook ‘n foto op jou Bul se tande, wees rats en bly onder die Wildvanger of Veearts se voete uit. Die tande van jou Bul of Ram kan jou ‘n aanduiding gee van sy ouderdom. In die toekoms sal handig te pas kom, veral as jy ‘n uitskieter bul (horinglengte) gekoop het.
  • Leaseer al jou dokumente en fotos van jou bok, oor ‘n paar jaar kan jy dit nodig kry “papertrail”
  • Onthou om by die Veearts ‘n gesondheids Sertifikaat vir jou bok aan te vra, hy of sy dit sal heel waarskynlik eers die volgende dag vir jou uit kan stuur. Stuur dit met ontvangs ook weer vir jou Versekering.
  • Maak seker dat die persoon of Veearts wat jou bokke vang ondervinding het en weet wat hy doen, dit geld ook vir die vervoer. Kry iemand wat onderving het op die gebied om onnodige verliesse en beserings te voorkom.
  • Reel vooraf met jou Verkoper of Wildvanger dat die Veearts vir jou stert hare trek ( jy soek die wortel deel van die hare) op jou bok voor hy wakker gemaak word, so ook jou bok te Tag en te Chip. Die Chip en Tag nommer moet jou Dna monster vergesel. Jou Dna Sertifikaat gaan jou ouerskap kan bewys op jou aanwas vir wanneer jy weer wil verkoop, as jy Dna kan bewys op jou aanwas is jou bokke meer werd. Kry soveel inligting moontlik op jou Nuwe Ram of Bul “papertrail”want oor ‘n paar jaar van nou af het die verkoper dalk al vergeet watter Bul of Ram jy gekoop het.

Hy sal jou dan nie kan help op geskiedenis van jou bok nie.

  • Jy kan ook vra dat die Veearts ‘n prestasie toets op jou Bul te doen, dit kos nou wel ekstra geld, maar dit gee jou die gemoedsrus sodat jy kan weet jou Bul sal kan teel, jy wil dit nie na die volgende seisoen uitvind as daar nie aanwas op jou kudde is nie! Ek het dit vele male sien gebeur.
  • Moenie gelde vooraf betaal nie, nie as jy dit kan vermy nie. Ek weet dat somige verkopers Deposito’s soek wat ek kan verstaan, dit kos hom geld om die bok te laat vang, en hy wil ook seker maak dat die koper ernstig is met sy bestelling. In so ‘n geval moet jy probeer om die geld in ‘n Prokereurs Trustrekening in te betaal, heel waarskeinlik sal dit die verkoper se keuse wees, maar vra jou eie Prokereur om seker te maak dat die Prokereurs Trust wat genommineer word deur wie ook al LEGIT Dit is jou reg om seker te maak jou geld so veilig moontlik is!
  • Wees teenwoordig by die vangs, want as jou bok gelaai word, jy wil immers sien wat jy koop en of jy tevrede is met wat jy bestel het. As jy nie daar kan wees nie, stuur iemand wat jy kan vertrou, om vir jou te kyk en vir jou in te staan.
  • Reël vooraf om fondse beskikbaar te hê, sodat die eft betaling gedoen kan moet word wanneer die bok op jou wa gelaai is. Die meeste verkopers gaan betaling soek voor die bok sy plaas verlaat. Kry die verkoper se rekening nommer om dit vooraf te begunstig, jy wil nie op die plaas in die veld daarmee sukkel nie, daar is ook nie altyd opvangs nie, maak voorsiening daarvoor.
  • Maak seker dat die wa of trok veilig binne in is, genoegsame ventelasie, nodige matte sodat jou bok nie gly en seer kry nie, en aan al Natuurbewaring se vereistes voldoen. Moenie jou bok op die hitte van die dag ry nie, neem die weer in aanmerking, ek weet dit is nie altyd moontlik nie.
  • Maak seker dat die persoon wat jou bok vervoer presies weet hoe hy of sy moet ry om tot by jou plaas te kom. Gee jou Gps Ko-ordinate of ‘n duidelike padkaartjie saam. Kry die Drywer se nommer en maak seker dat hy jou nommer het. Wees ten alle tye telefonies beskikbaar, totdat jou bok op jou plaas is. Sorg dat jy opvangs het vir daardie tydperk, of gee iemand se nommer op wat wel het, met wie jy vooraf gereël het.
  • As jy jou eie vervoer reël, moet jy onthou om Genoegsame Bedding in die wa te kry vir jou Ram of enige klein Wild, (ongeveer 10cm dik Strooi of iets wat nie te veel stof maak nie). Ek sal jou aanraai om dit klaar gedoen te hê voor die wa of trok by die Verkoper opdaag.
  • Moenie die wa oorlaai nie. Jy kannie 40 x Rooibok ooie byvoorbeeld in ‘n 4.5m sleepwa laai nie!
  • Vermy roetes met padverleggings en slegte paaie waar moontlik, maak seker hoe groot die trok is wat vir jou gaan kom aflaai? Kan die trok by jou plaas inkom? of in jou kamp kom? waar jou bok afgelaai moet word?

Kyk voor die tyd of jou veldpaadjie oopgenoeg is, sodat ‘n trok daar kan deurkom, of onnodige los klippe lê wat bande kan sny nie.

  • Die groot oomblik het aangebreek! Jou bok word afgelaai!  Jy en jou gesin wil so graag sien as die bok afklim! Dit is verstaanbaar….
  • Sorg dat dit by die wa so stil moontlik is, vermy onnodige geraas. Los asb jou hond by die huis!

Baie, baie belangrik! Op hierdie stadium wil jou bok net uit die wa uit kom, of hy besluit hy wil nie afklim nie.  Maar as hy daar lostrek en uitspring, kom hy met ‘n spoed!

  • Sorg dat jy en jou gesin veilig agter op ‘n bakkie bly, gedurende die aflaai proses. ‘n Mens weet nooit hoe ‘n bok gaan optree as hy afklim nie! Dit bly ‘n wilde dier, veral Gemsbok en BWB.
  • Kom so gou moonlik so stil moontlik uit die kamp uit nadat jy afgelaai het.
  • Ek glo die eerste aand sal jy verlig wees dat die dag verby is, en dat als goed afgeloop het.
  • Hier kom die moeilikste deel! Die volgende dag! Jy wil jou bok sien! Kyk dat als OK is!

Bly uit jou kamp uit! Bekyk hom met ‘n vêrkyker as jy een het.

  • Dink bietjie so daaraan……. Jou nuwe bok was gister gevang en gelaai, hy mag dalk net dink jy is oppad om hom weer te jaag, en hom weer te laai, sy omgewing is vreemd al het die Veearts hom kalmering gespuit, is sy hele omgewing nog steeds vreemd, Hy gaan wil hardloop, as hy beweging sien, weg van jou af! Ek oordryf dalk ‘n bietjie hier, maar as ‘n wildvanger se vrou het ek dit al te veel kere gesien. Gee jou bok tyd om sy omgewing gewoond te raak, ten minste twee of drie dae, hy moet eers  sy nuwe omgewing en die kamp  gewoond raak,  voordat daar in die kamp rond beweeg word.
  • Hoop jy kon baat vind by bogenoemde punte.
  • Geniet jou bokke!

 

  • Mag Jy met jou nuwe teelpakkie Geseend Wees!

 

Wilds Groete
Renet Jacobs

Renet@telkomsa.net

Jacobswild101@gmail.com

Nadine Cell:  072 248 0030

Renet Cell: 082 615 6211

Leon Cell: 072 767 0370
Fax:  086 249 1696